Uncategorized

Een rok, twee skoene

Woorde met interessante spellings. Of uitsonderings tot spelreëls. Of eenvoudig net interessante woorde!

Generasie na generasie van skoolkinders het skynbaar ‘n groot probleem met die spelling van die woord “interessant” gehad. So groot was die probleem, dat onderwysers, heeltemal ten einde raad,  ‘n eenvoudige rympie ontwikkel het wat kinders sal help om die spelling van die spesifieke woord te onthou.

Die rympie (of geheuehelp-dingiemajingie) is soos volg: Gestel ‘n vrou trek aan om partytjie toe te gaan. Sy dra een Rok en twee Skoene. Die woord interessant is nes ‘n vrou, dit dra een rok en twee skoene, dit wil sê, die woord bevat een r en twee s’e.

Die tema vir hierdie reeks “blog posts” is net dit: “Een rok, twee skoene.” Interessante spellings, spelreëls, uitsonderings op spelreëls en interessante woorde sal uitgelig word in die opeenvolgende “posts.”

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s